In die withaak se skadu

In die withaak se skadu is die eerste Afrikaanse versameling van Herman Charles Bosman se oom Schalk Lourens-stories. Dit bevat meer as die helfte (33) van die sowat sestig oom Schalk verhale, en sluit gewilde vertellings soos Willem Prinsloo se perske brandewyn, Die Rooinek en Die musiekmaker in.

Roy Campbell het aan Bosman geskryf: ‘I think your stories are the best that ever came out of South Africa.’  Bosman se groeiende aanhang, selfs ná sy dood, het Campbell reg bewys. Hoe wel Bosman in die jare voor sy dood toenemend in Afrikaans begin skryf het, en self van sy vroeëre verhale in Afrikaans vertaal het, het sy ontydige dood veroorsaak dat sy gewildste stories nooit in Afrikaans verskyn het nie. Hierdie pragtig geïllustreerde bundel spreek daardie leemte aan.

Dramaturg en Hertzogpryswenner Pieter Fourie sê oor die vertaling: ‘Dis Bosman wat bly gesels – nou in sy moedertaal – en die verbluffende eenvoud van sy humor sny net so onverhoeds en salig soos op sy Engels. Geluk, dis ’n kolskoot!’

Kry "In die withaak se skadu" nou by On the Dot (kliek hier of skakel 086 166 8368)

of by hierdie boekwinkels:

Exclusive Books

Bargain Books

CNA

Wordsworth Books

Of vra enige ander boekwinkel om dit by On the Dot te bestel. (ISBN 978 062 050 7646)


Add this to your website

Deel met vriende!

Kry die weggee-storie

Kopiereg © 2017 Suiderkruis Boeke.
Webwerf deur Elite IDEAS - http://www.elite-ideas.net - Alle regte voorbehou.