Eenkantland

Namakwaland is soos ’n geslypte diamant. Dit het baie fasette wat ’n mens eers regtig raaksien as jy van nader daarna kyk. En wie beter om dit teen die lig te hou as iemand wat self 80 jaar lank deur hierdie besondere landstreek geslyp is?

In Eenkantland, ’n keur uit die werk van Theunis Uys, maak die leser kennis met al die fasette van Namakwaland se rykdom: die veld, die diere, streeksgeskiedenis, diamantsmokkelary, boerdery, gunstelinggeregte, rygoed, gebruiksartikels, snaakse gebeure en streekseie verskynsels, maar bowenal met sy mense – Sandvelders, Binnevelders en Boesmanlanders.

Sien Namakwaland deur die oë van iemand wat die beste blomjaar in menseheugenis, 1925, soos gister onthou, en deel in die geheime bekoring van ’n streek wat jou nooit laat los as hy jou eers beetgepak het nie.

“Theunis Uys laat ’n mens dinge sien wat jy nog nie gesien het nie, of nog altyd misgekyk het.”
– Dana Snyman

“Deurwinterde kennis en ervaring wat jou voortdurend prikkel … ’n stukkie Africana in eie reg.”
– Pieter Fourie

“Pure soutribbetjie en groenpampoenbredie … jy wil altyd nóg byskep.”
– George Weideman

Theunis Uys was ’n gebore Namakwalander wat 80 jaar in die streek gewoon en gewerk het. Hy het die grootste deel van sy lewe vir die vervoermaatskappy Jowells Transport op Springbok gewerk en tot maatskappydirekteur gevorder. Hy het al vier verhalebundels oor Namakwaland die lig laat sien.

Kry "Eenkantland" nou by Kalahari.com (kliek hier)

Of vra enige ander boekwinkel om dit by On the Dot te bestel. (ISBN 978 1920 608 019)

 

Deel met vriende!

Kry die weggee-storie

Kopiereg © 2017 Suiderkruis Boeke.
Webwerf deur Elite IDEAS - http://www.elite-ideas.net - Alle regte voorbehou.